DIE KLEUTERKLASSIEK KURRIKULUM
Die Kleuterklassiek kurrikulum is op so ʼn wyse geskryf dat konsepte en vaardighede aan die begin van die jaar bekend gestel word, en dat daar dan daarop voortgebou en uitgebrei word, deur die res van die jaar. Dit is dus in u kind se beste belang om die jaar te voltooi om die voordeel van die hele program te geniet.
Indien ‘n kleuter vir enige rede nie die jaarprogram sou voltooi nie en dus lesse staak, word daar ‘n kwartaal se fooi gehef as kansellasiefooi wat betaalbaar is voor of op 30 dae nadat kennis per epos gegee is.
Indien kansellasie skriftelik voor of op die laaste dag van die betrokke jaar se Februarie maand geskied, is daar geen verdere verbintenis met die program nie. In dié geval is lesse ontvang pro rata betaalbaar.
ALGEMEEN
- Kleuterklassiek klasse word tydens skoolkwartale aangebied. Geen klasse word op vakansiedae aangebied nie.
- Indien ʼn leerder nie ʼn les kan bywoon nie, word daar verlang van die betrokke ouer/voog om die klas fasiliteerder vooraf in kennis te stel.
- Daar is geen verpligting op die fasiliteerder om lesse wat deur ʼn leerder gemis is, in te haal nie.
- Kwartaallikse fooie moet vooruit betaal word. Indien die hele jaar se fooie vooruitbetaal word in een som binne die eerste maand, sal 10% afslag van toepassing wees.
KLEUTERKLASSIEK FOOIE KAN INBETAAL WORD PER EFT BY
Bankbesonderhede
Kleuterklassiek
FNB
Tjekrekening
Rekeningnr: 62832765856
Takkode : 250655
Verwysing: Leerder se naam en van
Stuur bewys van betaling na admin@kleuterklassiek.co.za.
Hierdie is ook die adres waarheen kommunikasie wat betrekking het op die bepalings van hierdie ooreenkoms, gerig word.
WYSIGING VAN ENIGE BEPALINGS
Wysiging van enige bepalings moet deur albei partye skriftelik ooreengekom word. Geen mondelinge toegeeflikheid sal ʼn prysgawe van die regte van Kleuterklassiek daarstel nie.
