Miranda Venter

ONDERRIGKOÖRDINEERDER

Miranda se liefde vir musiek was by die Hoër Tegniese Skool Klerksdorp versterk deur eers in die Skoolorkes, en later in die Zephyros jeug blaasorkes, saxofoon te speel. Gedurende haar studentejare by die Noord-Wes Universiteit – en daar na – het sy in verskeie orkeste en ensembles gespeel in Potchefstroom.

Sy het gedurende haar praktiese opleiding vir prokureur tot die besef gekom dat haar loopbaan- en lewenspassie waarskynlik elders lê. Tussen die kindertjies by ʼn vriendin se kleuterskool waar sy tydelik uitgehelp het, het sy dit toe ook ontdek!

Haar droom was egter om musiek en kinderonderwys saam te voeg in ‘n loopbaan en Kleuterklassiek het dit vir haar ‘n werklikheid gemaak.

In haar eie woorde: “Elke kind is besonders en moet die geleentheid gegee word om hul natuurlike liefde vir musiek te ontwikkel in hul eie tyd en op hul eie manier.”